Jolige matrieks laat wêreldrekord lê-ê spat

(Afrikaans)
Deur: Michelle Pienaar

Plettenbergbaai. - 'n Jolige atmosfeer het geheers terwyl matrieks Woensdag by die Plet Rage in die gees van "liefde" die wêreldrekord vir lepellê verbeter het.

Altesaam 682 skoolverlaters het knussies langs mekaar ingeskakel om 'n ellelange mense-ketting op die grasperk by die Forever kampeerterrein op Plettenbergbaai te vorm.

Die wêreldrekord is tot dusver gehou deur altesaam 529 studente van Carleton College by Northfield, Minnesota, in Amerika. Die deelnemers het op 4 Junie 2010 in 'n ovaal gelepellê.

Vir die matrieks op Plettenbergbaai was hierdie aktiwiteit Woensdag om 15:00 een van die hoogtepunte van die Neverlasting-fees. Die Plet Rage eindig op Saterdag 8 Desember.

Die hele lepellê-episode is verfilm en sal binnekort op YouTube gesien kan word, het Candice Mullins, 'n feesbemarker, gesê.
Volgens Mullins word dit na die Guinness World Records gestuur vir 'n amptelike erkenning van die rekord. "Daar is nog 'n hele proses wat gevolg moet word voordat dit as die wêreldrekord aangeteken kan word."

Volgens Mullins was die matrieks in 'n jolige bui toe hulle grvra is om hulle aan te meld vir die lêery.
"Die meeste van hulle het minute vantevore energiek gedans op die maat van aKing se musiek," het sy gesê. "Hulle het baie gegiggel en gesels terwyl ons almal in posisie geplaas het."

Elke deelnemer het 'n plakker gekry sodra hy of sy klaar getel is. Daarna moes almal tesame mekaar vir vyf minute styf vashou.
"Die oomblik toe ons die laaste sekondes aftel, het almal opgespring en gegil van plesier."

"Dit is 'n hele proses om 'n rekord te verbeter en ons moes aan allerlei standaarde voldoen. Dit was verseker die moeite werd, die matrieks het hulself gate uit geniet," het Mullins gesê.

'n Nuwe wêreldrekord vir lepellê. Altesaam 682 matrieks wat die Plet Rage vakansie hou, het Woensdagmiddag 'n reuse-menseketting op die grasperk by die Forever-kampeerterrein op plettenbergbaai gevorm.

'n Nuwe wêreldrekord vir lepellê. Altesaam 682 matrieks wat die Plet Rage vakansie hou, het Woensdagmiddag 'n reuse-menseketting op die grasperk by die Forever-kampeerterrein op plettenbergbaai gevorm.



Join us on Facebook
Follow us on Twitter
Follow us on Instagram
Follow us on Pinterest
Connect with us on LinkedIn
Follow us on Google+
Subscribe to our channel
Click here to view Forever's TV advertisement

Click here to make a reservation

Scan or click below QR-code to find the nearest Forever Property

QR Code

Scan below QR-code to view the Leisure Brochure

Scan the QR code