Rugby vir die jongspan bly n trekpleister (Afrikaans)

In samewerking met hoofhorg, Forever Resorts SA, het die Limpopo Laerskole Blou Bulletjies Rugby Unie (LLBBRU), vanjaar n feestelike bondedag op Bela-Bela aangebied.

Forever Resorts het verlede jaar na yore getree as die hoofborg van die LLBBRU. Die borgskap sal hoofsaaklik aangewend word vir die organisering van die laerskole rugbyliga se proewe asook die ligafinale wat vaniaar in Bela-Bela plaasgevind het. Sowat 64 laerskoolspanne en 1152 spelers het aan die dag deelgeneem.

Die 0/12-span, Limpopo 15-tal en die Cravenwee.kspan word ook deur die borgskap ondersteun. n Groep van 60 seuns is onlangs gekies en het hulle nuwe rugbydrag vanaf die borg ontvang.

Die drie provinsiale spanne, insluitende die Cravenweekspan, word ook deur die borgskap instaatgestel om aan nasionale toernooie wat tydens die Junievakansie plaasvind, deel te neem.

Die Coca-Cola Laerskole Cravenweek vind vanjaar gedurende die eerste week van Julie in Paarl plaas.
Tydens die oorhandiging van die borgskap, het mnr. Kobus Tait, hoofbestuurder van Forever Resorts SA, gesê dat die borg hiermee die maatskappy se sosiale verpligting in Limpopo herbevestig.

Ons is trots daarop dat ses van ons mooiste oorde in die provinsie geleë is, daarom wil ons graag op hierdie manier n waardevolle bydrae tot die jeug van die provinsie maak.

Volgens mnr. Christo Wagenaar, groep bemarkingsbestuurder van Forever Resort, is almal vol vertroue dat die Limpopo laerskole unie met die suksesvolle aanbied van die bondedag bewys het dat hy gereed is om die Coca-Cola Cravenweek te kan aanbied. Dit is alreeds n hele aantal jare sedert die provinsie laas die geleentheid gehad het om hierdie prestige geleentheid aan te bied.

Belangrike datums om te onthou is:

  • 20-26 Junie - o/12-toernooi te Newcastle.
  • 22-25 Junie - 15-tal toernooi te SasolburgfVanderbijlpark.
  • 29 Junie - 4 Julie - Cravenweek te Paarl.
  • 24 Oktober - gala-aand te Polokwane.
Join us on Facebook
Follow us on Twitter
Follow us on Instagram
Follow us on Pinterest
Connect with us on LinkedIn
Follow us on Google+
Subscribe to our channel
Click here to view Forever's TV advertisement

Click here to make a reservation

Scan or click below QR-code to find the nearest Forever Property

QR Code

Scan below QR-code to view the Leisure Brochure

Scan the QR code