Drie Spesie is om die draai (Afrikaans)

Die naweek van 6 EN 7 SEPTEMBER 2008 is dit weer tyd vir die IIP groot Drie Spesie hengel kompetisie by Forever Resorts, Loskopdam. Die pryse is weer in die omgewing van R350 00+ met die groot prys vir die grootste karp, 'n boot, geborg deur Boat, Caravan and Camping, Nigel. Teen druktyd was die soort boot wat gewen kan word, nog nie bek-end nie. Die drie spesies wat geteiken word is kurper, karp en baber. Die henge-laar wat aldrie die spesies vang en hulle gesamentlike gewig is meer as 'n gewig wat deur die organiseerders besluit word, staan 'n kans om met 'n splinternuwe Toyota daar weg te ry.

En soos altyd borg Transvaal Training ook al die groot kontantpryse. Talle gelukkige trekkings is op die spel. Soos verlede jaar is dit slegs 'n kompetisie vir boothengelaars. Met die dam wat vol is, is daar nie juis bale plek op die oewer nie. Daar is geen beperking op die hoeveelheid bootkaartjies nie. 'n Tegnikus van Boat Caravan and Camping is ook daar om hengelaars, wat probleme met hulle bote het, te help. Meer besonderhede oor die kompetisie sal in die volgende uitgawe van Stywe Lyne verskyn. Navrae:

Skakel Bella Honeyborne, 082 388 3220 of Epos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ook Estelle Grobler, 082 388 0553 of Epos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it Vir besprekings by Forever Resorts, Loskopdam, skakel 013 262 3075/6.

Join us on Facebook
Follow us on Twitter
Follow us on Instagram
Follow us on Pinterest
Connect with us on LinkedIn
Follow us on Google+
Subscribe to our channel
Click here to view Forever's TV advertisement

Click here to make a reservation

Scan or click below QR-code to find the nearest Forever Property

QR Code

Scan below QR-code to view the Leisure Brochure

Scan the QR code